Tuisblad
EIENSKAPPE |TEELDOELWITTE | KRUISTELING | SKOUE | RAMME TE KOOP | FOTO GALLERY
Die PC Merino Landskaap Stoet is in 1980 geregistreer. Die eerste 4 ooie is aangekoop van Patrys Lubbe, asook ooie van Christo Lombaard en Dolf Odendaal. lngevoerde ooie is bekom vanaf Boet Lourens en het ‘n groot invloed gehad op die stoet.
Stoet ramme wat ‘n impak gemaak het was ramme uit die stoeterye van Chargo (Charlie van den Heever), Wilmado (Christo Lombaard), Langlyf (AbeI Rautenbach), Bloemshire (Bierman Naude).
’n lngevoerde ram vanaf Duitsland, ‘WoIf’ het ook goed gevaar.
![]() |
![]() |
![]() |
Die landskaap wat sy oorsprong in Duitsland het, is ‘n groot skaap met ramme wat tot 180kg kan weeg. Ooie is vroulik met goeie moeder-eienskappe en baie melk. Die skaap het ‘n baie goeie temperament en hanteer maklik. Nog in besonderse kenmerk is die ras se stapvermoë. Die mite dat dit ’n groot skaap is wat baie vreet is weerlê met ‘n fase C toets wat deur die LNR gemonitor is. Van die 6 rasse het die Landskaap die beste voeromsetverhouding gehad.
Lammers het ook ‘n hoë uitslagpersentasie van tot soveel as 54% . Die landskaap dra ‘n goeie vag witwol wat dit ideaal maak vir kruisteling en is die ooi lammers uitstekende vervangings ooie.
![]() |
![]() |
![]() |
Deur die jare is daar streng geselekteer vir ekonomiese eienskappe en word klem gelê op:
| Vrugbaarheid | Moedereienskappe |
![]() |
![]() |
| Bespiering | Groei vermoë |
![]() |
![]() |
| Aanpasbaarheid | Eenvormigheid |
![]() |
![]() |
| Bouvorm | |
![]() |
|
Ooie vorm die kern van die kudde. Daar word gestreef na ‘n vroulike dier met sterk moedereienskappe.
Vervangings ootjies word op 6 maande en weer op 12 maande aan streng keuring onderwerp.
Prestasietoetsing word as hulpmiddel gebruik en daar word klem gelê op speen-indekse, aangesien dit ‘n goeie aanduiding is dat die moeder genoeg melk het. Ooie moet goed aangepas wees vir die hoëveld suurweidings en koue winters.
Teelwaardes en prestasie syfers speel ‘n belangrike rol in die stoet. Net die beste ramme wat waarde tot die stoet se teeldoelwitte kan toevoeg, word in ‘n vooraf bepaalde teelprogram gebruik.
KRUISTELING
Die Landskaap vaar uitstekend in kruisteel met die meeste skaaprasse. Lammers is klein met ’n smal kop by geboorte wat lam probleme uitskakel. Die lammers is lewenskragtig en groei vinnig. Gewigte van tot 40kg op speenouderdom is maklik haalbaar en kan lammers direk van die veld af bemark word. Die landskaap se lengte van lyf het tot gevolg dat speenlammers tot 5kg swaarder is.
* Landskaap ramme x enige ras ooie = Basterkrag op sy beste!
![]() |
![]() |
![]() |
SKOUE
Daar word gereeld aan die Nasionale Kampioenskappe deelgeneem. Op die afgelope kampioenskappe het die stoet uitstekend gevaar. In die klas vir 6 – 9 maande het die ramme die 1ste, 2de en 3de plekke behaal en die ooitjies was 1ste en 2de in hulle klas. Die nasionale kampioenskappe vind einde April in Bloemfontein plaas. Skoue is ’n groot hulpmiddel om te bepaal of jou teling op die regte pad is. Die samesyn en uitruil van idees met ander telers is van baie waarde.
![]() |
![]() |
![]() |
RAMME TE KOOP
Daar is die meeste van die tyd ramme beskikbaar en kan voornemende kopers self sy ramme uit verskillende groepe en prysklasse kies. Prestasietoetsing word toegepas en ramme word elke 21 dae geweeg. Ramme word op veldtoestande grootgemaak en ontvang slegs beperkte byvoeding. Geharde veld aangepaste ramme kan gevolglik aan kommersiële boere verkoop word. Alle ramme word geënt teen bloednier, bloutong, pasturella en Slenkdalkoors.
Veilingsramme word 3 maande voor ’n veiling afgerond, maar daar word gewaak teen oorvet diere. Ramme word op die Riemland-veiling te Petrus Steyn in Julie, asook die Nasionale Veiling gedurende Augustus in Bloemfontein aangebied.
*Koop altyd ramme van ‘n erkende stoetteler
![]() |
![]() |
![]() |





















